Hierdie plaas, 173 ha, het uitsonderlik mooi plantegroei - subtropies - en pragtige uitsig op die Kransberge. Dit is aangrensend aan die Marakele Nationale Park, die area is ryp vry, met 'n sterk fontein wat baie hoe kwaliteit water lewer. Daar is vollop inheemse bosveld bome bv. baie groot Hardekoolbome, Maroelas, Apiesdorings, Rooi Ivoor bome, Wildevye en vele ander spesies wat slegs daar voorkom. Verskeie wildsoorte kom vrylik op die plaas voor onder andere Koedoes, Rooibokke, Ribbokke, Klipspringers, Bosbokke, Vlakvarke, Bosvarke en Luiperds in die berg gedeeltes.
Die plaas leen homself na toerisme geleenthede vir stappers, voelkykers en natuurliefhebbers. Die huis, chalets en woonstelle kan as gastehuis ingerig word.
Geboue:
Groot woonhuis met 6 slaapkamers, 5 badkamers, kantoor,
sitkamer, TV kamer, inloop kluis, pakkamer, ingangsportaal, bree gang-kombuis, opwaskamer, spens, yskaskamer, 'n groot voorstoep, swembad en 'n baie groot tuin.
Groot grasdak lapa met kombuis, pizza-oond, gaste badkamer en oop braai area.
Chalet met 3 slaapkamers en 3 badkamers, asook 'n tweede onvoltooide chalet.
2 Woonstelle, elk met 2 slaapkamers, 1 badkamer, sitkamer en stoep.
Baie groot skuur wat ingerig is om fonteinwater te bottel met eie kantoor, klein kombuis en badkamer, asook 2 aparte store en 3 buite pakkamers.
Verskeie watertanks en reservoir met Koivisse.
Read more...